Wat Spanning Aan Bloedsuiker Doen

Wat Spanning Aan Bloedsuiker Doen

Deesdae is daar baie dinge wat spanning veroorsaak in ons lewens.

 

En dit is nie altyd maklik – of selfs moontlik – om hierdie spanning te vermy nie.

Ons werk, verhoudings, ekonomie, gebeure in die land, en die toekoms is alles dinge wat spanning kan veroorsaak in jou lewe en ons kan laat benoud voel. 

 

Maar wat het dit met ons bloedsuiker vlakke te doen?

Alhoewel hoë-spanning situasies erg kan wees vir enige mens, is dit selfs nog ʼn bietjie erger vir mense wat sukkel met hul bloedsuiker vlakke.

Wanneer ons gespanne is, is dit maklik om af te wyk van ons bloedsuiker beheer-planne.

Kortisol is die hormoon wat ons liggaam afskei in reaksie op gedurige stres, en hierdie hormoon kan ook verhoed dat insulien behoorlik funksioneer.

En as insulien nie behoorlik funksioneer nie, beteken dit dat bloedsuiker vlakke baie maklik kan handuit ruk.

 

So wat kan ons doen?

Om spannings vlakke, sowel as bloedsuiker vlakke, te beheer moet ons dit in twee fasette aanpak. Die eerste is om die spanning sover moontlik te beheer, en die tweede is om bloedsuiker vlakke meer noukeurig te beheer.

 

Hoe om spanning te beheer

  • Leer om stresfaktore te identifiseer.
  • Vermy algemene oorsake van stres waar moontlik.
  • Gradeer jou stres vlak op ʼn skaal van 1 tot 10 elke keer wanneer jy jou bloedsuikervlakke meet, ʼn Patroon sal gou vorm.
  • Sodra jy weet watter effek stres op jou bloedsuikervlakke het, kan jy iets aan die probleem doen.
  • Pas ontspannings metodes toe, prioritiseer jou verantwoordelikhede, en stel grense.
  • Leer nuwe maniere om stres te hanteer.


Watter praktiese goed kan ek doen om stres te beheer?

  • Vind jou ontspannings roetine

Dit kan so eenvoudig wees soos om jou werksklere uit te trek sodra jy by die huis kom, en gemaklike klere aan te trek. Of selfs net 20 minute te neem en op die stoep te sit met n lekker koppie tee sodra jy tuis kom en voor jy enige iets anders doen.
  • Bak in die sonlig

Vitamien D is een van die beste opkikkers wat mens kry en dit is heeltemal gratis! Selfs so min as 10 minute per dag in direkte sonlig maak n groot verskil. En al is voel die son nie so warm op jou vel tydens die wintermaande nie, is dit steeds net so effektiewe manier van vitamien D opneem soos in die somer.
  • Breek weg

Dit beteken nie jy hoef vir 3 weke oorsee te gaan nie alhoewel dit baie lekker sal wees! Maar self net n naweek weg na weg beteken baie as dit kom by stresbeheer. Jy hoef ook nie ver te gaan nie, net die bietjie verandering van omgewing is al wat jy nodig het. Dit hoef ook nie duur te wees nie deel van die pret is om te kyk vir hoe goedkoop jy kan n naweek-wegbreek kan hou saam met jou geliefde of vriende. n Baie goeie idee is om te gaan kamp. Die vars buitelug is dalk net wat jy nodig het!
  • Sit die selfoon neer

Ons is deesdae so geheg aan ons selfone netnou mis ons iets! Maar hoeveel fantastiese dinge mis ons nie in die regte lewe omdat ons na daardie klein skermpie staar nie? En boonop veroorsaak selfone en sosiale media meer stres as wat dit genot verskaf! So skakel bietjie jou foon asook jouself af.
  • Neem ʼn stokperdjie op

Kry iets wat jou ontspan en gelukkig maak. En as jy voel jy het nie n stokperdjie nie is dit nog beter dan het jy ʼn goeie rede om nuwe dinge te probeer.

 

Hoe om bloedsuiker vlakke te beheer:

Saam met die beheer van stres, is dit net so belangrik om bloedsuiker vlakke noukeurig te beheer. Maar hoe doen ‘n mens dit? Onbeheerde bloedsuiker is nie ʼn probleem wat oornag ontstaan nie, so ons moenie verwag om dit oornag te behandel nie. Die hoof oorsaak van onbeheerde bloedsuiker is ʼn ongesonde leefstyl en gewoontes. So die beste manier om dit dan te bestry, is om hierdie ongesonde gewoontes te vervang met gesonde gewoontes.

  • Eet reg

Maak seker jy kry ʼn groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

  • Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ʼn week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter. Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ʼn paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ʼn lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel. Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstand oefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

  • Gebruik Manna Blood Sugar Support

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ʼn natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ʼn klomp insulien vry te laat nie.
Nog ʼn ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ʼn gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan ʼn Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels

More articles

Leave a Reply