Daar is soveel verskillende pille en plakkers wat gebruik kan word om gewig af te skud.
Maar hoekom verkies so baie mense eerder dieet skommels?
Wat is die teorie agter dieet skommels?
Enige iemand wat al probeer gewig verloor het sal reeds weet dat gewigsverlies op die basis werk van om meer kalorieë te verbrand as wat ons inneem. Dit beteken dat die liggaam sy gestoorde vet moet gebruik om aan te hou funksioneer. Met verloop van tyd beteken dit dus dat ons genoeg vet verbrand om die kilogramme te sien verdwyn.
Maaltydvervangers is teoreties dus ‘n maklike manier om te verseker dat ons binne ons daaglikse toelaatbare kalorieë bly vir gewigsverlies. Meeste planne laat ongeveer 1,200-1,400 kalorieë per dag toe.
Die sleutel is om by ‘n streng eetplan te hou…
Hoe volg ek dit?
Dit is regtig eenvoudig. Kies ‘n maaltydvervanger handelsmerk – die gesondste is Manna Low GI Shake – en volg die instruksies.
Die aanbeveling is dat jy een – of ‘n maksimum van twee – etes per dag vervang. Meeste mense kies ontbyt en middagete, omdat dit vir meeste mense die gerieflikste is. Dit is dan belangrik om ‘n lae-kalorie, gesonde aandete te eet.
Maar moenie verwag om 10kg in ‘n week te verloor nie…
Hoeveel gewig kan ek verwag om te verloor met ‘n dieet skommel?
Al wil ons almal net ‘n skommel drink, gaan slaap en maer wakker word … werk dit ongelukkig nie so nie. Dit gaan grotendeels afhang van hoeveel kalorieë jy deur die dag inneem.
Oor die algemeen behoort ‘n inname van 1,200 tot 1,400 kalorieë per dag te beteken dat jy ongeveer 0.5kg tot 1kg per week verloor.
Wat is die voordele van dieet skommels?
Korttermyn gewigsverlies.
Meeste mense vind dat skommel-diëte net so goed – indien nie beter nie – werk soos tradisionele lae-kalorie diëte. Dit beteken dat jy goeie, konstante hoeveelhede gewig verloor terwyl jy op die dieët is.
Langtermyn gewigsverlies.
Buiten dat dit jou aan die begin help gewig verloor, kan skommels jou help om die gewig wat jy reeds verloor het, af te hou. Dan moet jy natuurlik die skommel een of twee keer per dag drink.
Maaltydvervanger skommels is gerieflik.
Veral as jy voltyds werk en nie tyd het om 3 gesonde etes per dag te berei nie. Dit is ook makliker omdat jy nie so moet kophou om kalorieë te tel wanneer jy kosmaak nie.
Wat van die nadele van dieet skommels?
Jy leer nie jou slegte gewoontes af nie.
Maaltydvervanger skommels is ‘n wonderlike manier om jou te help om gesonder te eet en kalorieë te tel. Maar dit leer jou nie wat om te eet en wat om nie te eet nie. Dit beteken dat, wanneer jy ophou om die skommels te drink, jy weer kan teruggaan na jou ongesonde eetgewoontes. Jy kan dan maklik weer al die gewig optel wat jy verloor het.
Maaltydvervanger skommels is nie ‘n kitsresep vir gewigsverlies nie.
Meeste mense dink dat hulle vir 2 weke skommels gaan drink en dan al die gewig verloor wat hulle wil verloor. Maar jy sal jou ingesteldheid moet verander. Vir skommels om jou te help gewig verloor, sal jy gesonde leefstylbesluite moet neem. Maak maaltydvervanger skommels deel van ‘n gesonde eetplan en kry oefening ook. Eers dan sal jy die waarde daarvan raaksien.
Sal dieet skommels vir my werk?
As jy iets soek wat vinnig, gerieflik en gesond is, is maaltydvervanger skommels die perfekte oplossing. Jy hoef nie te dink oor wat om vir ete te maak nie. Jy hoef nie bekommerd te wees oor die kalorie inhoud van jou etes en peuselhappies nie. En dit is maklik om goeie porsiebeheer toe te pas.
Maar maaltydvervanger skommels is nie vir almal nie…
Vir wie sal dieet skommels nie geskik wees nie?
‘n Maaltydvervanger skommel is nie noodwendig vir iemand wat verskeidenheid in hul dieët soek, of iemand wat van kook hou nie. Dit kan jou dalk na ‘n rukkie begin verveel.
Dit beteken egter nie dat jy dit glad nie kan gebruik nie … Jy moet dit net nie so gereeld soos ander mense drink nie. Ons stel voor dat jy maaltydvervanger skommels in verskeie geure kry sodat jy ‘n groter verskeidenheid het om van te kies.
Is dieet skommels geskik vir diabete?
Die kort antwoord sal “ja” wees. As jy ‘n diabeet is, word dit egter hoogs aanbeveel dat jy met jou dokter praat oor enige gewigsverliesprogramme wat jy aanpak. In sommige gevalle sal dit nodig wees om jou medikasie aan te pas wanneer jy met ‘n nuwe dieët begin.
Het die dieët enige newe-effekte?
Jy behoort geen newe-effekte te ervaar wanneer jy ‘n maaltydvervanger dieët volg nie. Die enigste probleem wat sommige mense soms ervaar is dat hulle al die gewig wat hulle verloor het weer optel wanneer hulle ophou om die maaltydvervanger skommels te drink. Dit word egter nie deur die skommels veroorsaak nie, maar eerder deur hoe hulle begin eet wanneer hulle nie die skommels gebruik nie.
Jy moet ‘n gesonde dieët met gebalanseerde maaltye volg as jy nie maaltydvervanger skommels drink nie.
Hou altyd die hoeveelheid kalorieë wat jy inneem in gedagte, omdat baie mense tred verloor met hul daaglikse toelaatbare kalorieë wanneer hulle nie ‘n maaltydvervanger skommel plan volg nie.
Wat sê die kenners?
Maaltydvervanger skommels is al vir lank op die mark. Gesondheidskundiges was egter tot onlangs toe nog skepties oor die gebruik daarvan vir gewigsverlies.
Danksy verskeie studies is groot gesondheidsorganisasies soos die Nasionale Vetsug Forum, die Britse Dieëtkundige Vereniging en Dieëtkundiges in Vetsugbestuur VS nou van mening dat maaltydvervanger skommels gebruik kan word as ‘n uitstekende alternatief vir tradisionele gewigsverlies programme.
Hulle reken ook dit is een van die beste maniere om ‘n gesonde gewig te behou as dit eers bereik is, solank jy nie terugval op jou slegte eetgewoontes en hoë kalorietellings nie.
Net soos om kalorieë getrou te tel, dink baie voedingskundiges maaltydvervanger diëte is effektief omdat dit ‘n gestruktureerde plan bied en dus ‘n uitstekende geriefsmaaltyd is. Maaltydvervanger skommels maak dit ook makliker omdat jy vir twee etes per dag nie hoef te wonder oor wat jy moet eet nie.
Die Manna Lae GI Shake
Sal dit nie lekker wees om ‘n maaltyd te kan vervang met iets wat smaak soos ‘n melkskommel nie, maar jou maklik laat gewig verloor?
Manna Low GI Shake word bestempel as een van die beste produkte om die lus na ongesonde kos en “sugar cravings” onder beheer te bring en te sorg dat die liggaam minder insulien benodig. Die Shake is beskikbaar in drie heerlike geure en jy kan dit gebruik met veiligheid om een tot twee maaltye per dag mee te vervang.
Die Manna Low GI Shake is geformuleer sodat jy met gemak en een maal daarmee kan vervang sonder om voedingstowwe en energie te verloor. Dit help ook met die beheer van jou bloedsuikervlakke.
Die Manna Low GI Shake bestaan uit ses bestanddele wat ryk is aan vesel, protein, minerale soos kalsium, magnesium en kalium. Ons Shake help met die onderdruk van die lus na die verbode kosse, beheer eetlus en laat jou versadig voel vir langer.
Dit kan nie makliker wees om gewig te verloor as NOU met die Manna Low GI Shake nie!
Kies jou gunsteling geur van die Manna Low GI Shake, voeg melk, water of sap by en meng deeglik. ‘n Ete in ‘n glas, soo maklik soos dit.
Ons gebruik geen kunsmatige versoeters of preserveermiddels in ons Shake nie. Die Manna Low GI Shake bevat geen gluten nie, is vry van laktose, is GMO-vry, en bevat geen soya nie. Die Shake is ook geskik vir Vegans, Vegetariers en Diabete.
Wat is die voordele van die Manna Low GI Shake?
- Ryk aan vesel
- Lae Gi
- Verhoed “cravings”
- Genoegsame voedingswaarde om ‘n maal te vervang.
- Die enigste shake wat Essensiele Suikers – “Glyco Nutrients” bevat.
- Geen Cholesterol
- Geen Gluten
- Verskaf energie sonder om gewigstoename te veroorsaak.
- Help met die beheer van bloedsuiker vlakke.
- Organies en Natuurlik
Maar moet nie net na ons luister nie, kyk wat sê die mense wat die Manna Low GI Shake drink…
“I will like to take this opportunity and thank Manna Products for giving me my life back, I started using the Manna shake & Blood sugar support on the 03 May 2017. My weight was 150 kg’s and I weigh every Monday. Today I am 144.8 kgs. I feel light and have energy all day long and sleep well at night. I follow all the advice that you send to me and other ways to eat healthily and enjoy life. Manna Works!!!!” – Lizzie
“Thank you for the new Manna Shake in Strawberry, I received yesterday!! I had it for lunch and I was so happy that the flavour and texture as probably even better than the old Strawberry product!! I will definitely be ordering this again!! Will also tell my friends how Manna listened to their customers and resolved an issue.” – Marge
“I’ve tried it with water, milk, yogurt and muesli and it comes out on top every time! The flavour is great, with no after taste. And I like the consistency of the powder in the container. It seems soft and the particles are separate, less likely to congeal.” – Paul von Wildenrath
“I just had the new Chocolate shake with milk instead of yogurt… absolutely delicious!” – Joan